Mariental River chalets Logo

Tel: +27 (0) 21 855 0395
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH

Addres: B5 Mariental, Namibië

MARIENTAL RIVIER CHALETS

Selfsorg-verblyf in Mariental, Namibië

 
NAMIBIA AKKOMMODASIE PRYS EN BESPREKINGS ANDER LODGE KAMERS EN CHALETS
Area around Mariental in Namibia
Gardens at Mariental River Chalets

Die Mariental River Chalets bied selfsorg-verblyf in Mariental – ‘n klein dorpie in die Hardap-gebied van suidelike Namibië.

Mariental is sy naam verskuldig aan Hendrik Brandt, ‘n pionierboer, wat die plaas by die Nama-leier Hendrik Witbooi gekoop het, en dit na sy vrou, Marie, vernoem het.

Mariental is vandag nog die tuiste van talle Nama-sprekers. Die oorspronklike Nama-inwoners het Mariental “Tsaraxa Aibes” genoem – ‘n verwysing na die stofstorms wat in die lente en herfs voorkom.

Die gebied is een van uiterste temperature: snikheet in die somer, en yskoud in die winter. Ten spyte van die droë omgewing, is water relatief volop.
Die Hardap Dam reservoir in die nabygeleë Visrivier maak die verbouing van veevoer, groente en vrugte moontlik.

Die volstruisslagplaas is bewys van hoe belangrik hierdie nywerheid in Mariental en omgewing is.

Behalwe dat die Hardap Dam die grootste waterreservoir in Namibië is, is dit ook bekend onder watersport-entoesiaste. Die Dam is gereeld die gasheer van internasionale driekampbyeenkomste en hengelkompetisies.

Mariental River Chalets is sentraal geleë op die B1-pad en die Trans-Namibspoorlyn wat vanaf Windhoek na Keetmanshoop loop. Dit is dus ‘n ideale oornagpunt. Die Mariental River Chalets is gewild onder reisende gesinne, jag- en hengelgroepe, asook besigheidsmense en bied waarde vir geld selfsorg-verblyf.

Die vriendelike personeel by die Mariental River Chalets gaan uit hul pad om gaste te laat tuisvoel. Kinders kan in die veilige speelgrond baljaar, terwyl die grootmense om die braaivure ontspan. Braaipakke en –hout kan by die ontvangstoonbank gekoop word. Die personeel kan jou ook help om die res van jou reis te beplan.  

 

Chalet Mariental Namibia
Children playing at Mariental River Chalets
Children in Gardens of Mariental River Chalets
Chalets at Mariental River Chalets Tree near Mariental in Namibia

NAMIBIESE AKKOMMODASIE

Mariental is 'n sentral dorp vanwaar jy die suide van Namibië kan verken. Suid van Mariental is die bekende Visrivier afgronde met akkommodasie soos Ai-Ais, Canon lodge en verder Noord is Damarland en Twyfelfontein Country Lodge. Twyfelfontein Country Lodge is naby die versteende woud en by baie bekende rotskuns. Vanaf Twyfelfontein is die bekende Etosha Nasionale park slegs 'n halfdag se ry. Etosha bied uitstekende akkommodasie en wildbesigtiging. In die verre Noord-Ooste is daar 'n smal strook bekend as die Caprivi of nou ook as die Zambezi Region. Ngepi Kamp is in hierdie gebied en een van Namibië se gewildste gesins bestemmings

BOTSWANA

Botswana is oos van Namibië en Mariental Rivier chalets word dikwels as oornag stop gebruik tussen Botswana en Kaapstad. In Botswana beveel ons 'n verskeidenheid akkommodasies in Francistown aan en verder Noord ook by Nata Lodge. laasgenoemde is in 2008 herbou.

ZIMBABWE

Mariental Rivier Chalets is trots om akkommodasie in Zimbabwe aan te beveel. Hwange Safari Lodge by die Hwange Nasionale Park in Zimbabwe bied uitstekende akkommodasie en safaris in die park. Rainbow Towers Hotel in Harare, die hoofstad van Zimbabwe is een van Zimbabwe's se luukste hotelle.  Hierdie hotel was voorheen bekend as die Sheraton Hotel.
Victoria Falls Ruskamp is in in die dorp met dieselfde naam. Hul bied soos Mariental Rivier chalets selfsorg akkommodasie.